Zwijndrecht, België
Zwijndrecht is 'n Belgiese dorp en munisipaliteit in die weste van die Vlaamse provinsie Antwerpen, aan die grens met die provinsie Oos-Vlaandere. Die munisipale gebied het 'n oppervlakte van sowat 18 km² en sowat 19 000 inwoners (2022). Die munisipaliteit lê in die Waasland-streek en is hoogs verstedelik met baie industrie, veral in die dorp Burcht.
- Hierdie artikel handel oor die munisipaliteit in België. Vir die munisipaliteit in Nederland, sien Zwijndrecht, Nederland.
Zwijndrecht | |
---|---|
Munisipaliteit | |
![]() Uitsig op Burcht | |
![]() Vlag ![]() Wapen | |
![]() Ligging van Zwijndrecht in die provinsie Antwerpen | |
Koördinate: 51°13′N 4°19′O | |
Land | ![]() |
Gewes | ![]() |
Provinsie | ![]() |
Arrondissement | Antwerpen |
Regering | |
• Burgemeester | André Van de Vyver (Groen) |
Oppervlak | |
• Totaal | 17,82 km2 (6,88 vk. myl) |
Hoogte | 2,5 m (8,2 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 19 219 |
• Digtheid | 1 079/km2 (2 790/vk. myl) |
1 Januarie 2022 | |
Poskode | 2070 |
Skakelkodes | 03 |
Bestuurlike sentrum | Zwijndrecht |
Webwerf | www.zwijndrecht.be |
Zwijndrecht lê wes van die stad Antwerpen en is die enigste munisipaliteit van die provinsie heeltemal wes van die Schelde-rivier. Die munisipaliteit het tot 31 Maart 1923 aan die provinsie Oos-Vlaandere behoort en toe 'n deel aan die stad Antwerpen verloor (word die Linkeroewer genoem). In 1977 is Zwijndrecht met die Antwerpse munisipaliteit Burcht vergroot.
Plekke
Burcht • Zwijndrecht
Susterstede
- Idstein, Hesse, Duitsland
- Zwijndrecht, Nederland
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.