Zoeloe Wikipedia
Die Zoeloe Wikipedia is die Zoeloe-weergawe van Wikipedia, 'n gratis, ope-inhoud aanlynensiklopedie. Volgens die aantal artikels is dit die 162ste grootste Wikipedia-projek.[1]
Zoeloe Wikipedia | |
---|---|
Tipe webblad | Wiki |
Taal(e) | Zoeloe |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Wikimedia Stigting |
Outeur | Die gemeenskap |
Huidige status | Aktief |
URL | http://zu.wikipedia.org/ |
Aangesien Zoeloe onderling verstaanbaar is deur Xhosasprekers (albei is Nguni-tale) is dit moontlik om artikels uit die Zoeloe-uitgawe maklik in Xhosa te vertaal vir die Xhosa Wikipedia. Soortgelyke transwikipogings is aangewend vir die Skandinawiese taaluitgawes, soos die Sweedse, Noorse en Deense Wikipedias.
Daar is in Januarie 2012 voorgestel dat die Zoeloe Wikipedia gesluit word weens 'n gebrek aan aktiwiteit, 'n voorstel wat verwerp is in Maart 2012.
Die Wikipedia het tans 25 014 bladsye, waarvan 11 234 artikels is. Dit het 20 677 geregistreerde gebruikers, waarvan 35 as aktief gereken word. Hierdie gebruikers het in totaal 105 245 wysigings aangebring en 0 lêers opgelaai.
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Zoeloe Wikipedia. |