Zersetzung

Zersetzung (Duits vir "ontbinding") is 'n sielkundige oorlogvoeringstegniek wat deur die Ministerie van Staatsveiligheid (Stasi) gebruik was om politieke teenstanders in Oos-Duitsland gedurende die 1970's en 1980's te onderdruk. Zersetzung het daartoe gelei dat hulle beweerde en werklike andersdenkendes op 'n koverte manier bestry het, met behulp van geheime metodes van misbruikte beheer en sielkundige manipulasie om anti-regeringsaktiwiteite te voorkom.

Statsi Riglyn nr. 1/76 oor die ontwikkeling en hersiening van operasionele prosedures

Zersetzung is sedert die vyftigerjare informeel in Oos-Duitsland gebruik onder leiding van algemene sekretaris Walter Ulbricht in die gereelde wetstoepassing en regstelsel teen andersdenkendes. In 1971 het die aanstelling van Erich Honecker as sekretaris-generaal die hervorming van "operasionele prosedures" (Operative Vorgänge) tot gevolg gehad, weg van die openlike terreur van Ulbricht na 'n meer subtiele form van Zersetzung, wat in 1976 geformaliseer is na die uitreiking van Riglyn nr. 1/76 oor die ontwikkeling en hersiening van operasionele prosedures.[1] Die Stasi het operasionele sielkunde en sy uitgebreide netwerk van informele medewerkers (inoffizielle Mitarbeiter) gebruik om persoonlike sielkundige aanvalle teen teikens te loods om hul geestesgesondheid te beskadig en die kanse op 'n "vyandige optrede" teen die staat te verlaag.[2]

Die gebruik van Zersetzung is goed gedokumenteer as gevolg van Stasi-lêers wat ná die Oos-Duitse Wende gepubliseer is, met etlike duisende of tot 10 000 individue wat na raming slagoffers geword het[3]:217, en 5 000 van hulle het onomkeerbare skade opgedoen.[4] Spesiale pensioene vir restitusie is vir die slagoffers van Zersetzung geskep.

Verwysings

  1. Federal Commissioner for the Records of the State Security Service of the former German Democratic Republic. Directive No. 1/76 on the Development and Revision of Operational Procedures Richtlinie Nr. 1/76 zur Entwicklung und Bearbeitung Operativer Vorgänge (OV)
  2. Federal Commissioner for the Records of the State Security Service of the former German Democratic Republic: The Unofficial Collaborators (IM) of the MfS
  3. Sonja Süß: Repressive Strukturen in der SBZ/DDR – Analyse von Strategien der Zersetzung durch Staatsorgane der DDR gegenüber Bürgern der DDR. In: Materialien der Enquete-Kommission "Überwindung der Folgen der SED-Diktatur im Prozeß der Deutschen Einheit". (13. Wahlperiode des Deutschen Bundestages). Volume 2: Strukturelle Leistungsfähigkeit des Rechtsstaats Bundesrepublik Deutschland bei der Überwindung der Folgen der SED-Diktatur im Prozeß der deutschen Einheit. Opfer der SED-Diktatur, Elitenwechsel im öffentlichen Dienst, justitielle Aufarbeitung. Part 1. Nomos-Verlags-Gesellschaft u. a. Baden-Baden 1999, ISBN 3-7890-6354-1, bl. 193–250.
  4. Consider the written position taken by Michael Beleites, responsible for the files of the Stasi in the Free State of Saxony: PDF, accessed 24 Augustus 2010, and 3sat : Subtiler Terror – Die Opfer von Stasi-Zersetzungsmethoden, accessed 24 Augustus 2010.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
   
Klik vir info oor hierdie sjabloon.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.