Zermatt

Zermatt is 'n munisipaliteit (Switserse Duits amptelik: politische Gemeinde) in die distrik Visp van die tweetalige Switserse kanton Valais (Duits: Wallis). Die Franse naam van Zermatt, Praborgne, is regstreeks afgelei van die oorspronklike Latynse dorpsnaam Pratobornum.

Zermatt

Kaart Wapen
Vlag
 Land Switserland
 Kanton Valais (Wallis)
 Koördinate 46°01′N 07°44′O
 Stigting 1280 (eerste verwysing)
 Oppervlakte:  
 - Totaal 242,67 vk km
 Hoogte bo seevlak 1608 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2011) 5 746
 - Bevolkingsdigtheid 23,7/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 Stadspresident Christoph Bürgin (CVP)
 Amptelike Webwerf Zermatt

Zermatt is teen 'n hoogte van 1608 meter bo seevlak aan die noord-oostelike voet van die Matterhorn-bergpiek in die boonste gedeelte van die Matter-vallei (dikwels ook Nikolai-vallei genoem) geleë. Die Matterhorn maak van Zermatt net soos sy uitstekende skigeriewe en voetslaanpaaie 'n eersterangse toeristebestemming in Switserland.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.