Zenit

Zenit (Russies: Зени́т) is die naam van ’n reeks militêre spioenasiesatelliete wat die Sowjetunie en Rusland tussen 1961 en 1994 gelanseer het. Om die aard van die sendings te verbloem, het die tuie Kosmos-name gekry. In dié 33 jaar is meer as 500 Zenits gelanseer – die grootste aantal in ’n spesifieke program in die geskiedenis van ruimtevaart.

Hierdie artikel is gedeeltelik vertaal vanuit die Engelse Wikipedia

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.