Zeidae
Zeidae is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Zeiformes. Daar is sewe genera met 14 spesies wat hoort tot dié familie. Vyf van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Zeidae | |
---|---|
![]() | |
Zenopsis nebulosa | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Zeidae |
Genera | |
Zenopsis |
Kenmerke
Die familie is ovaalvormig, die skubbe is klein en in sommige gevalle afwesig en die mond groot. Hulle kom ook op of naby die seebodem en die grootte wissel van 22 – 90 cm. Hulle eet ander vissies, skaaldiere en slakke. Die familie is alleenlopers en vergader net saam tydens die paar seisoen.
Genera
Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Zenopsis
- Zenopsis conchifer - Beukelaar-dorie
- Zeus capensis - Kaapse dorie
- Zeus faber - Jandorie
Sien ook
Bron
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.