Zastenka
Zastenka (Russies: Застенка) is 'n Kasakse dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Razdor Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Kamiziak-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë.
Zastenka Застенка | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland | |
Zastenka Die ligging van Zastenka in Astrachan-oblast | |
Koördinate: 46°05′52″N 48°12′04″O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Astrachan-oblast |
Rajon | Kamiziak |
Bevolking | |
• Totaal | 563 |
Tydsone | UTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd) |
Poskode | 416310 |
Geskiedenis
Zastenka is in die 19te eeu gestig deur die Kasakse setlaars uit die huidige Kasakstanse Atiraoe-oblast. Volgens die plaaslike folklore, die dorpie se naam kom van die Russiese за стенкой (za stenkoi, letterlik: "agter 'n moer"). Zastenka is hierdie naam gegee deur die Russiese inwoners van 'n nabygeleë dorpie, Razdor, wat sê dat die Kasakke agter 'n "moer" van hoë fluitjiesriete woon.[1]
Demografie
Volgens Sensus 2010 het Zastenka 491 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[2]
Etniese groepe | Sensus 2010 | Persentasie |
---|---|---|
Kasakke | 473 | 96,3% |
Russe | 4 | 0,8% |
Turkmene | 4 | 0,8% |
Tartare | 3 | 0,6% |
Onbekend | 7 | 1,4% |
Totaal | 491 | 100% |
Verwysings
- Ramazanowa, Ajnoera. "Смертельное оружие из Застенки. Подвиг Бисемалиева Хамедена из Камызякского района". Хранители Родины (in Russies). Besoek op 16 Julie 2023.
- Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 16 Julie 2023.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.