Zandile Gumede
Zandile Gumede (gebore 12 Mei 1961) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en 'n lid van die KwaZulu-Natalse Provinsiale Wetgewer. Sy was voorheen die burgemeester van die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit. Gumede is 'n lid van die African National Congress (ANC).[1]
Zandile Gumede | |
Lid van die KwaZulu-Natalse Provinsiale Wetgewer | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 19 Augustus 2020 | |
Burgemeester van die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit | |
---|---|
Ampstermyn 23 Augustus 2016 – 3 September 2019 | |
Voorafgegaan deur | James Nxumalo |
Opgevolg deur | Mxolisi Kaunda |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 21 Mei 1961 |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaner |
Politieke party | African National Congress |
Vroeë lewe
Gumede is op 12 Mei 1961 in Amaoti, Inanda, noord van Durban, gebore. Sy is een van dertien kinders. Gumede het JL Dube- en Zwelibanzi- hoërskole bygewoon. Haar pa was 'n polisieman.
Beweerde betrokkenheid by misdaad
Gumede is in Mei 2019 saam met Mondli Mthembu, ANC-raadslid in eThekwini, aangekla vir beweerde tenderbedrog, korrupsie en rampokkery rakende 'n R208 miljoen-kontrak vir die verwydering van vaste afval in Durban. Sy is vrygelaat op borgtog van R50 000 en is deur die ANC op spesiale verlof geplaas, wat twee keer verleng is.[2][3]
Verwysings
- Mavuso, Sihle (19 Augustus 2020). "Zandile Gumede sworn in as member of provincial legislature". Pietermaritzburg. Besoek op 23 Augustus 2020.
- Tandwa, Lizeka (14 Mei 2019). "Just who is Zandile Gumede? A look at eThekwini's mayor". News24. Besoek op 23 Augustus 2020.
- Singh, Kaveel (6 Augustus 2019). "Mayoral limbo continues as Zandile Gumede's special leave extended... again". News24. Besoek op 23 Augustus 2020.