Zambezikurper

Die Zambezikurper (Pharyngochromis acuticeps) is 'n varswatervis wat voorkom in die Zambezi-, Okavango- en boonste gedeelte van die Saverivier-stelsels. In Engels staan die vis bekend as die Zambezi river bream.

Zambezikurper
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Pseudocrenilabrinae
Genus:
(Greenwood, 1979)[1]
Spesie:
P. acuticeps
Binomiale naam
Pharyngochromis acuticeps
(Steindachner, 1866)[2][3]

Voorkoms

Die vis is bruin met swart vertikale bane oor die lyf en helder groen skakerings. Die skubbe op die lyf is donker rooi in die middel met oranje-rooi rante. Daar is bruin kolle op die stertvin en die analevin het 'n oranje rant met helder oranje kolle op. Die vis word tot 220 mm lank.

Habitat

Die vis word in 'n groot verskeidenheid habitatte aangetref waar daar gewoonlik beskerming is soos plante of boomwortels. Hulle vreet insekte, vissies en eiers en larwes van ander vissies. Hulle is weer die slagoffers van kormorante. Die wyfie is 'n mondbroeier en lê haar eiers in die somer.

Sien ook

Bron

  • A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1

Verwysings

  1. Greenwood, P. H., 1979. Towards a phyletic classification of the 'genus' Haplochromis (Pisces, Cichlidae) and related taxa. Part 1. Bull. Br. Mus. (Nat. Hist.) Zool. v. 35 (núm. 4): 265-322.
  2. BioLib (en)
  3. Steindachner, F., 1866. Ichthyologische Mittheilungen. (IX.). Verhandlungen der K.-K. zoologisch-botanischen Gesellschaft in Wien v. 16: 761-796, Pls. 13-18.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.