Zambezihaai
Die zambezihaai (Carcharhinus leucas) is 'n haai wat vanaf die ou Transkei tot verby die monding van die Zambezirivier voorkom en word in alle oseane van die wêreld in tropiese en warm water gevind. Die haai is aggressief en val mense aan. Hulle is normaalweg 3,2 m lank en weeg dan 220 kg. Die haai kan varswater verdra en is al diep in die binneland gevind in riviere soos die Zambezi, Mississippi en Amasone. In Engels staan die haai bekend as die Bull shark.
Zambezihaai (ook Stierhaai of Atlantiese grondhaai) | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Carcharhinus Blainville, 1816 |
Spesie: | C. leucas |
Binomiale naam | |
Carcharhinus leucas (J. P. Müller en Henle, 1839) | |
Habitat van die Zambezihaai |
Identifikasie
Die haai het 'n groot, grys robuuste lyf. Die snoet is gerond, kort, stomp en die oë is klein. Die onderkant van die haai is ligter van kleur.
Sien ook
Bronne
- First Field Guide to Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst. 1999. ISBN 978-1-86872-288-4
- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
Verwysings
- Simpfendorfer, C. & Burgess, G.H. (2005). "Carcharhinus leucas". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2011.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 18 Augustus 2011.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
Eksterne skake
Wikimedia Commons bevat media in verband met Carcharhinus leucas. |
Sien zambezihaai in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.