Zambezi-suierbekkie
Die Zambezi-suierbekkie (Chiloglanis neumanni) is 'n varswatervis wat voorkom in die Kunenerivier, die boonste gedeelte van die Zambezirivier, onder die Victoria-waterval, Pungwerivier en die Buzirivier in Suider-Afrika. In Engels staan die vis bekend as Neumann's suckermouth.
Zambezi-suierbekkie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Actinopterygii |
Orde: | Siluriformes |
Familie: | Mochokidae |
Genus: | Chiloglanis |
Spesie: | C. neumanni |
Binomiale naam | |
Chiloglanis neumanni Boulenger, 1911 | |
Voorkoms
Die vis se lyf is matig taps, die stertvin is gevurk en die dorsale vinne is getand. Die baarde is lank en die vel is skurf en vol knoppies en riffels. Die vis se kleur is ligbruin met swart of donkerbruin kolle op. Die vis word tot 65 mm lank.
Habitat
Die vis leef in rotsagtige areas in riviere.
Sien ook
Bron
- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
Eksterne skakel
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.