Zababa
Zababa (Sumeries: đ’€đ’Ťťđ’‚·đ’‚·, dza-ba4-ba4, ook Zamama) is ’n oorlogsgod wat die titulĂŞre godheid van die stad Kisj in antieke MesopotamiĂ« was.[1]
Hy word verbind met die god Ninurta, en sy simbool – ’n staf met ’n arendkop – is dikwels langs Ninurta se simbool uitgebeeld. Inanna en Baba is albei as sy vrou beskryf.[1] Verskeie antieke Mesopotamiese konings is na Zababa gnoem, onder andere Ur-Zababa van Kisj, ’n vroeëre beskermheer van Sargon van Akkad.
Die Hetiete het die naam Zababa aan verskeie van hulle gode gegee met hulle Akkadiese skryfstelsel.[1]
Verwysings
- Gwendolyn Leick (1991). A Dictionary of Ancient Near Eastern Mythology. Psychology Press. pp. 167–. ISBN 978-0-415-00762-7.
Skakels
- Ancient Mesopotamian Gods and Goddesses: Zababa (god)
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.