Yuki Tsunoda
Yuki Tsunoda (gebore te Sagamihara, 11 Mei 2000) is 'n Japannese motorrenjaer wat sedert 2021 vir die Scuderia AlphaTauri-span aan Formule 1-renne deelneem.
Yuki Tsunoda | |
---|---|
Tsunoda in 2021 | |
Geboortedatum | 11 Mei 2000 |
Geboorteplek | Sagamihara, Japan |
Nasionaliteit | Japannees |
Ou span(ne) | F2 – Carlin-span AlphaTauri-Honda RBPT |
Span in 2024 | RB-Honda RBPT |
Motornommer | 22 |
Inskrywings | 70 (67 begin) |
Kampioenskappe | 0 |
Oorwinnings | 0 |
Podiums | 0 |
Loopbaanpunte | 68 |
Voorste wegspronge | 0 |
Vinnigste rondtes | 1 |
Eerste F1-wedren | 2021 Bahreinse Grand Prix |
Laaste inskrywing | 2024 Japannese Grand Prix |
Laaste seisoen | 2023 |
Verlede jaar plek | 14de (17 punte) |
Hy het sy Formule 1-debuut in die 2021-seisoen gemaak tydens die Bahreinse Grand Prix toe hy vir AlphaTauri begin jaag het.
Formule Een-loopbaan
In Augustus 2020 het Scuderia AlphaTauri Formule Een-spanhoof, Franz Tost, aangekondig dat Tsunoda in Desember 2020 vir die span in die nuwelingtoets aan die einde van die seisoen by Aboe Dhabi sal ry.[1] Hy het sy eerste rit in 'n 2018-spesifikasie-motor gehad by die Autodromo Enzo e Dino Ferrari in Imola, Italië.[2] Hy het in Januarie 2021 weer Formule Een-masjinerie by Imola getoets, maar hierdie keer het hy 'n AlphaTauri-geverfde Toro Rosso STR14, Toro Rosso se 2019-motor, bestuur.[3]
2021
Tsunoda het Daniil Kvyat vervang en vir die 2021-seisoen saam met Pierre Gasly as spanmaat deelgeneem.[4] By die seisoen-opening Bahreinse Grand Prix het Tsunoda 13de gekwalifiseer, ondanks hy die tweede vinnigste in K1 was.[5] Tsunoda het uiteindelik in die negende plek geëindig, nadat hy Lance Stroll op die laaste rondte verbygesteek het.[6][7] Ná die wedren het Ross Brawn, Formule Een se tegniese direkteur, Tsunoda as "F1 se beste nuweling vir jare" beskou.[8] Nadat hy K3 vir die volgende wedren geteiken het,[9] het hy gebots in die kwalifisering vir die Emilia-Romagna Grand Prix, wat vereis het dat hy nuwe kragbronelemente moes aanbring.[10][11] Ná sy wegspring van agter af het Tsunoda sy pad na die negende plek gemaak ná die rooi vlag.
By die Portugese Grand Prix het Tsunoda 14de gekwalifiseer, en het 'n gebrek aan spoed getoon, om tot 15de terug te val.[12] Hy het 16de vir die Spaanse GP gekwalifiseer en later om verskoning gevra nadat hy bevraagteken het of hy en spanmaat Gasly “dieselfde motor” gehad het.[13][14]
Monaco was ook teleurstellend, hy sou in die 16de plek kwalifiseer en ook eindig op 'n baan waar verbysteek moeilik is.[15][16] Tsunoda het die derde kwalifiserende sessie (K3) vir die eerste keer by die Azerbeidjanse GP gehaal, maar het toe die rooi vlae uitgebring nadat hy gebots het, en in agtste gekwalifiseer. Hy het die wedren sewende geëindig. Tsunoda het weer in die kwalifisering by die Franse Grand Prix van die baan getol, wat hom gedwing het om van die kuipelaan te begin.[17][18] Hy het tot 13de plek by die geruite vlag gevorder.[19]
Volledige Formule Een-uitslae
|
|
Jaar | Inskrywer | Onderstel | Enjin | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | Plek | Punte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2021 | Scuderia AlphaTauri-Honda | AlphaTauri AT02 | Honda RA621H 1.6 V6 turbo | BHR |
EMI |
POR |
SPA |
MON |
AZE |
FRA |
STI |
OOS |
GBR |
HON |
BEL |
NED |
ITA |
RUS |
TUR |
VSA |
MXS |
SAP |
KAT |
SAU |
ABU |
14 | 32 | ||
9 | 13 | 15 | DNF | 16 | 7 | 13 | 10 | 12 | 10 | 6 | 15‡ | DNF | DNS | 17 | 14 | 9 | DNF | 15 | 13 | 14 | 4 | ||||||||
2022 | Scuderia AlphaTauri | AlphaTauri AT03 | Red Bull RBPTH001 1.6 V6 t | BHR 8 |
SAU DNS |
AUS 15 |
EMI 7 |
MIA 12 |
SPA 10 |
MON 17 |
AZE 13 |
KAN DNF |
GBR 14 |
OOS 16 |
FRA DNF |
HON 19 |
BEL 13 |
NED DNF |
ITA 14 |
SIN DNF |
JPN 13 |
VSA 9 |
MXS DNF |
SAP 17 |
ABU 11 |
17 | 12 | ||
2023 | AlphaTauri | AlphaTauri AT04 | Honda RBPTH001 1.6 V6 t |
BHR 11 |
SAU 11 |
AUS 10 |
AZE 10 |
MIA 11 |
MON 15 |
SPA 12 |
KAN 14 |
OOS 19 |
GBR 16 |
HON 15 |
BEL 10 |
NED 15 |
ITA DNS |
SIN DNF |
JPN 12 |
KAT 15 |
VSA 8V |
MXS 12 |
SAP 9 |
LSV 18 |
ABU 8 |
17 | 14 | ||
2024 | RB | RB VCARB 01 |
Honda RBPTH002 1.6 V6 t |
BHR 14 |
SAU 15 |
AUS |
JPN |
CHN |
MIA |
EMI |
MON |
KAN |
SPA |
OOS |
GBR |
HON |
BEL |
NED |
ITA |
AZE |
SIN |
VSA |
MXS |
SAP |
LSV |
KAT |
ABU |
18 * | 0 * |
- * Seisoen nog aan die gang.
- ‡ Halwe punte is toegeken in België in 2021 na 'n verkorte wedren weens swaar reën.
Verwysings
- Cooper, Adam (29 Augustus 2020). "F2 racer Tsunoda set for Abu Dhabi rookie F1 test run with AlphaTauri". Autosport.com. Besoek op 30 Augustus 2020.
- "Tsunoda surprised by physical challenge of F1 car after maiden test, as FP1 debut beckons". Formula1.com. 5 November 2020. Besoek op 6 November 2020.
- "Tsunoda gets more mileage at Imola ahead of F1 debut". Formula 1 (in Engels). Besoek op 28 Januarie 2021.
- "Tsunoda gets AlphaTauri F1 seat, replaces Kvyat". The Race (in Engels (VK)). 16 Desember 2020. Besoek op 16 Desember 2020.
- "2021 Bahrain GP: Qualifying". Scuderia AlphaTauri (in Engels). 27 Maart 2021. Besoek op 24 Mei 2023.
- "Formula 1 Bahrain Grand Prix race results: Hamilton beats Verstappen". Motorsport (in Engels (VK)). 28 Maart 2021. Besoek op 28 Maart 2021.
- "Tsunoda describes 'emotional' pass on hero Alonso – and what he learned from shadowing him". Formula 1. 29 Maart 2021. Besoek op 24 Mei 2023.
- Cleeren, Filip (29 Maart 2021). "Brawn hails Tsunoda as 'F1's best rookie for years'". Motorsport.com (in Engels). Besoek op 30 Maart 2021.
- "Tsunoda targeting Q3 at Imola after '5 out of 10' performance on F1 debut". Formula 1. 15 April 2023. Besoek op 24 Mei 2023.
- "Tsunoda apologises for 'huge mistake' after crashing out in opening minutes of qualifying in Imola". Formula 1. 17 April 2023. Besoek op 24 Mei 2023.
- "Tsunoda to race with new gearbox, exhaust and power unit elements after qualifying shunt". Formula 1. 18 April 2023. Besoek op 24 Mei 2023.
- "AlphaTauri's Tsunoda bemoans 'no pace at all' in Portugal after coming home well outside the points". Formula 1. 4 Mei 2021. Besoek op 24 Mei 2023.
- Smith, Lukas (8 Mei 2023). "Tsunoda has 'question mark' over AlphaTauri F1 car versus Gasly". Motorsport.com. Besoek op 24 Mei 2023.
- "Tsunoda apologises for comments suggesting he and Gasly run different equipment after Q1 exit". Formula 1. 8 Mei 2021. Besoek op 8 Oktober 2021.
- "2021 Monaco GP: Qualifying". Scuderia AlphaTauri (in Engels). 22 Mei 2021. Besoek op 24 Mei 2023.
- "Tsunoda says tough Monaco GP down to misfiring strategy gamble as he finishes P16 on maiden visit". Formula 1. 25 Mei 2021. Besoek op 24 Mei 2023.
- "Tsunoda explains what happened with early Q1 spin that leaves him on the back row for the French GP". Formula 1. 19 Junie 2021. Besoek op 25 Mei 2023.
- "Tsunoda forced to start French GP from pit lane after changing parts overnight following Q1 shunt". Formula 1. 20 Junie 2023. Besoek op 25 Mei 2023.
- "Tsunoda says recovery from P20 to P13 'a good step' – but knows he must cut out qualifying mistakes". Formula 1. 22 Junie 2021. Besoek op 25 Mei 2023.