Yuan-dinastie

Die Yuan-dinastie (Mongools: Их Юань Улс, Ich Joean Oels, die "Groot Yuan"; Chinees: 大|元, Dà Yuán; ou Afrikaanse spelling: Joean) was die ryk wat gestig is deur Koeblai Khan, kleinseun van Djengis Khan en leier van die Mongoolse Bordjigin-familie. Die woord yuan beteken "begin".[1]

大元
Yuan-dinastie
1271  1368 Flag
Ligging of Yuan
Ligging of Yuan
Die Yuan-dinastie in 1294.
Hoofstad Khanbaliq (Beijing)
Taal/Tale Chinees, Mongools
Godsdiens Boeddhisme
Taoïsme
Konfusianisme
Chinese volksreligie
Tengriisme
Christendom
Islam
Regering Monargie
Keiser
 - 1260–1294 Koeblai Khan
 - 1333–1370 Toghon Temür
Historiese tydperk Middeleeue
 - Stigting van Chinese dinastie18 Desember 1271
 - Verowering van Khanbaliq9 Februarie 1368
Oppervlakte
 - 131014 000 000 km2
5 405 430 sq mi
Bevolking
 - 1290 skatting77 000 000 
 - 1293 skatting79 816 000 
 - 1330 skatting83 873 000 
Geldeenheid Oorwegend papiergeldeenheid (chao), met 'n klein hoeveelheid Chinese munte in gebruik

Geskiedenis

Hoewel die Mongole dekades lank al oor gebiede geheers het wat die hedendaagse Noord-China insluit, het Koeblai die dinastie eers in 1271 amptelik in die Chinese styl gestig.[2] Sy ryk was in dié stadium geïsoleer van die ander Mongoolse khanate en het feitlik net die hedendaagse China ingesluit, asook omliggende gebiede soos Mongolië.[3] Dit was die eerste buitelandse dinastie wat oor die hele China regeer het en het geduur tot in 1368 – daarna het die Mongole net oor die noordelike gebiede van China geheers.

Die Yuan word beskou as beide ’n opvolgerstaat van die Mongoolse Ryk en ’n keiserlike dinastie van China. In die Chinese geskiedenis het dit gevolg op die Song-dinastie en is dit opgevolg deur die Ming-dinastie. Hoewel Koeblai Khan die dinastie gestig het, het hy sy oupa Djengis (onder die naam Taizu) op die rekords aangedui as die amptelike stigter.

Benewens as keiser van China kon Koeblai ook aanspraak maak op die titel Groot Khan, opperheerser oor al die ander khanate: die Tsjagatai-khanaat, Goue Horde en Il-khanaat. Daar is dus soms na die Yuan-ryk verwys as die Ryk van die Groot Khan. Die ander khanate het egter nie altyd die Yuan se opperheerskappy aanvaar nie en het deurentyd apart ontwikkel.[4][5][6]

Verwysings

  1. Thammy Evans. Great Wall of China: Beijing and Northern China, books.google.co.za
  2. Mote, Frederick W. (1994). "Chinese society under Mongol rule, 1215-1368". In Denis C. Twitchett; Herbert Franke; John King Fairbank. The Cambridge History of China: Volume 6, Alien Regimes and Border States, 710–1368. Cambridge University Press. bl. 616–664. ISBN 978-0-521-24331-5
  3. Christopher P. Atwood – Encyclopedia of Mongolia and the Mongol Empire
  4. Micheal Prwadin – The Mongol Empire and its legacy
  5. J.J.Saunders – The history of Mongol conquests
  6. Rene Grousset – The Empire of Steppes

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.