Ykboson

’n Ykboson (Engels: gauge boson) is in deeltjiefisika ’n boson wat dien as draer van een van die basiese natuurkragte. Elementêre deeltjies oefen kragte op mekaar uit deur die uitruiling van ykbosone, meestal as virtuele deeltjies. Hulle kry hul naam van die teorieë wat dié kragte beskryf, bekend as die ykteorieë; die ykbosone is die kwantums van die ykveld.

Die deeltjies van die Standaardmodel, onder meer die ykbosone regs.

Standaardmodel

Die Standaardmodel bevat drie soorte ykbosone:

  1. fotone (vir die elektromagnetiese wisselwerking),
  2. W- en Z-bosone (vir die swak wisselwerking),
  3. gluone (vir die sterk wisselwerking).

Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.