Xiaoxue
Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.[1]
Grade van die
sontermyne
sontermyne
←
↓
→
↑
Lengtegraad | Termyn | Datum |
---|---|---|
Lente | ||
315° | Lichun | 4-5 Februarie |
330° | Yushui | 18-19 Februarie |
345° | Jingzhe | 5-6 Maart |
0° | Chunfen | 20-21 Maart |
15° | Qingming | 4-5 April |
30° | Guyu | 20-21 April |
Somer | ||
45° | Lixia | 5-6 Mei |
60° | Xiaoman | 21-22 Mei |
75° | Mangzhong | 5-6 Junie |
90° | Xiazhi | 21-22 Junie |
105° | Xiaoshu | 7-8 Julie |
120° | Dashu | 22-23 Julie |
Herfs | ||
135° | Liqiu | 7-8 Augustus |
150° | Chushu | 23-24 Augustus |
165° | Bailu | 7-8 September |
180° | Qiufen | 23-24 September |
195° | Hanlu | 8-9 Oktober |
210° | Shuangjiang | 23-24 Oktober |
Winter | ||
225° | Lidong | 7-8 November |
240° | Xiaoxue | 22-23 November |
255° | Daxue | 7-8 Desember |
270° | Dongzhi | 21-22 Desember |
285° | Xiaohan | 5-6 Januarie |
300° | Dahan | 20-21 Januarie |
Xiaoxue (Chinees: 小雪; pinyin: xiǎoxuě) of shosetsu (Japannees: 小雪) is die 20ste sontermyn en die tyd wanneer dit liggies begin sneeu. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 240° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 255° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 240° is.
Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 22 November (23 November Oos-Asiatiese tyd)[2] en eindig dit omstreeks 7 Desember.
Pentades
Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. Die pentades van xiaoxue is:
- Eerste pentade: Die reënboë verdwyn uit sig (虹藏不見); daar word geglo reënboë is die resultaat van ’n energievermenging van jin en jang, en omdat die winter deur jin oorheers word, sal daar nie dan reënboë wees nie.
- Tweede pentade: Die qi van die lug styg op en die qi van die aarde daal af (天氣上騰地氣下降); qi is ’n lewensbelangrike krag in elke wese.
- Laaste pentade: Afsluiting en stilstand skep die winter (閉塞而成冬); die einde van die vermenging van lug en aarde, jin en jang, lei tot die rustoestand van die winter.
Verwysings
- "24 Sekki". Glossary. National Astronomical Observatory of Japan. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 21 Maart 2016.
- Matsukawa, Mitsuharu. "24 Sekkis, or Twenty-Four Japanese Small Seasons" (in Engels). Nagoya University. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2015. Besoek op 31 Augustus 2018.
Eksterne skakels
- Gregory C. Eaves: Soseol (소설, 小雪), die eerste dag van sneeu, Korea.net, 17 November 2016.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Vorige termyn ← Lidong (立冬) |
Xiaoxue (小雪) | Volgende termyn Daxue (大雪) → |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.