Xenacoelomorpha

Die Xenacoelomorpha is 'n filum van tweesydig simmetriese wurmagtige diere (Bilateria) wat geen regte maagdermstelsel, anus, nephridia of bloedsomloop het nie. Hulle is die eenvoudigste Bilateria en word op grond van DNS-navorsing as 'n sustergroep van die Nephrozoa beskou, wat die Proto- en Deuterostomia bevat. Hulle taksonomiese posisie is nogtans nie heeltemal duidelik nie.[1]

Xenacoelomorpha
Proporus sp. 'n Acoela
Kladistiese klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Subkoninkryk: Eumetazoa
Klade: Bilateria
Filum: Xenacoelomorpha
Klades
  • Nemertodermatida
  • Acoela
  • Xenoturbella

Die filum bestaan uit drie groepe (klasse):

  1. Nemertodermatida
  2. Acoela
  3. Xenoturbella

Die oudste Bilateria het dalk soos die Acoela gelyk: 'n tweesydig simmetriese liggaam met drie lae selle, net een opening in die epidermis wat tot 'n liggaamsholte toegang gee. Hierdie organismes was waarskynlik benties.


Kladogram

Bilateria
Nephrozoa

Protostomia



Deuterostomia




Xenacoelomorpha



Verwysings

  1. Xenacoelomorpha is the sister group to Nephrozoa Johanna Taylor Cannon et al Nature Letter doi:10.1058/nature16520
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.