Wurtziet
Wurtziet is 'n mineraal met formule ZnS.
Wurtziet | |
---|---|
Wurtziet | |
Formule | ZnS |
Onsuiwerhede | Fe, Cd |
Nickel-Strunz (10) | 2.CB. |
Kleur | donkerrooi, bruin tot swart |
Streep | bruin |
Kristalsisteem | heksagonaal |
Ruimtegroep | P6₃mc |
Strukturbericht-kode | B4 |
Nommer | 186 |
Eenheidsel | a = 3.82 Å, c = 6.26 Å (2H) |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Naam
Dit is deur Charles Friedel in 1861 na die Franse chemikus Charles Adolphe Wurtz wat professor aan die Sorbonne was, genoem.
Struktuur
Die mineraal het 'n heksagonale kristalstruktuur wat die argetipe van die B4-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is. Die struktuur kan as 'n van die heksagonale digpakking afgeleide struktuur beskou word waarin die helfte van die tetraëdriese holtes met metaalatome beset is. Dit is die 2H-Wurtzietstruktuur wat in die c-rigting 'n verskuiwingssimmetrie van twee digpakkingslae het ( -A-B-A-B- ensomeer). Ander digpakkings kan ook voorkom. Die variant wat kubiese digpakking (-A-B-C- ens.) het word sfaleriet genoem. Daar bestaan egter ook ingewikkelder strukture, wat politipes genoem word en 'n langer c-as besit soos die 4H, 6H, 8H, 10H en 15R vorme wat 'n herhaalde patroon van 4, 6, 8, 10 en selfs 15 lae vertoon. Die 15R-politipe het 'n romboëdriese struktuur, die ander politipes behoort tot die heksogonale kritalstelsel.[1]
Verwysings
- "mindat 4318" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Junie 2020.