Wurgknoop

'n Wurgknoop (Engels: strangle knot) is 'n knoop, soortgelyk aan die konstriktorknoop (Engels: constrictor knot), behalwe vir die twee kante wat by die sye uitsteek, en nie by die bo- en onderkant soos by die konstriktorknoop nie.

Wurgknoop (Enkel)

Gebruike

Hierdie knoop is baie effektief om silindriese voorwerpe mee vas te maak. Dit kan ook gebruik word om twee stokke 90° met mekaar vas te maak (bv. die stutte van 'n vlieër), of om voorwerpe permanent of semi-permanent vas te bind. Dit is veral geskik vir take waar die punte naby die knoop afgesny moet word, sonder dat die knoop losgaan. Die knoop moet egter eers styf vasgetrek word voor die punte afgesny word.

Eienskappe

Dit is 'n baie veilige knoop, wat nie maklik losgaan nie, maar ook baie moeilik is om los te maak. As hierdie knoop styfgetrek is, word gereedskap soos bv. 'n els benodig om dit los te maak, of soms moet dit selfs afgesny word om dit los te kry.

Verwante knope

Verwante knope sluit o.a. die volgende knope in:

Dubbele wurgknoop
Boaknoop
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.