Wrocław
Wrocław (Pools: [ˈvrɔt͡swaf], ; Duits: Breslau; Silesiese Duits: Brassel; Latyn: Vratislavia of Wratislavia), is die vierde grootste stad van Pole met 'n bevolking van byna 642 000, die administratiewe hoofstad van die woiwodskap Neder-Silesië en van die gelyknamige landelike distrik. Wrocŀaw fungeer as setel van 'n Rooms-Katolieke aartsbiskop, 'n Evangelies-Lutherse diosesaanbiskop, en met talle akademiese instellings en navorsingsinstitute asook teaters en museums, as die kulturele en wetenskaplike sentrum van Silesië. Wrocław was een van die gasheerstede tydens die Europese Sokkerkampioenskap 2012 wat Pole en Oekraïne saam aangebied het.
Wrocław | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Pole |
Woiwodskap | Neder-Silesië |
Koördinate | 51°7′N 17°2′O |
Stigting (eerste verwysing) | Omstreeks 900 |
Stadstatus | 1261 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 292,92 vk km |
Hoogte bo seevlak | 105–155 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2020) | 641 928[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 2 190/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 1 250 000 |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Kontinentaal-gematig |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 8,3 °C[2] |
- Gem. temp. Januarie/Julie | -1,8 / 17,6 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 591 mm |
Burgemeester | Jacek Sutryk |
Amptelike webwerf | www.wroclaw.pl |
Die stad is aan die Oder-rivier en in die sentrum van 'n belangrike landbou- en mynbougebied geleë. Sy belangrikste nywerhede sluit masjienbou en metaalverwerking in.
Wrocław/Breslau word as hoofstad van die gewes Silesië beskou en was tussen 1919 en 1945 ook die hoofstad van die nuutgestigte Pruisiese provinsie Neder-Silesië. Voor hierdie periode was Wrocław die hoofstad van die provinsie Silesië en het – in die tydperk van die Nasionaalsosialisme – as administratiewe sentrum van die Reichsgau Neder- en Sentraal-Silesië gedien.
In 1945 het Wrocław onder Poolse administrasie gekom en die oorspronklike Duitse bevolking is verdryf. Poolse setlaars en burgers wat deur die Sowjet-owerheid uit Lemberg en ander gebiede van die vroeëre Oos-Pole verdryf is, het hier 'n nuwe tuiste gevind. Wrocław het later die hoofstad van die gelyknamige woiwodskap en in 1999 die hoofstad van die woiwodskap Neder-Silesië geword.
Wrocław se inwonertal het omstreeks 1840 die 100 000-kerf verbygesteek, en dit was in die 19de eeu 'n tyd lank die grootste stad van Duitsland ná Berlyn en Hamburg.
Verwysings
- (pl) "Local Data Bank". Statistiek Pole. Besoek op 16 Oktober 2021.
- (de) www.klimadiagramme.de: Breslau
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wrocław.
- (en) Toerisme-inligting oor Wrocław op Wikivoyage
- (pl) Amptelike webwerf