Wrakvis
Die wrakvis (Polyprion americanus) is 'n vis wat voorkom in al die oseane, die Middellandse See en aan die kus van Suid-Afrika vanaf Walvisbaai tot by KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Wreckfish.
Wrakvis | |
---|---|
![]() | |
'n Illustrasie vanuit Oceanic Ichthyology deur G. Brown Goode en Tarleton H. Bean, gepubliseer in 1896. | |
![]() | |
'n Wrakvis in die Atlantiese Oseaan | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Polyprion |
Spesie: | P. americanus |
Binomiale naam | |
Polyprion americanus | |
Voorkoms
Die volwasse vis is 'n donker blouerige kleur met donkerder vlekke op. Die onvolwasse vissies is bruin, ook met donker vlekke op maar die stertvin is ligter van kleur. Die volwasse vis kan tot 1,7 m lank word en weeg dan 100 kg.
Habitat
Die volwasse vis kom tot op dieptes van 650 m voor en eet ander visse onder andere stokvis. Die volwassenes kom partykeer in groot groepe voor. Dit is 'n gesogte eetvis.
Trivia
Op 10 Oktober 2018 is 'n wrakvis van bykans 100 kg by Doringbaai aan die Weskus gevang.[1]
Sien ook
Bron
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Eksterne skakel
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.