Woudrichem

Woudrichem (Brabants: Woerkem of Woerkum) is 'n stad en voormalige munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Noord-Brabant, wat aan die provinsies Gelderland en Zuid-Holland grens. Die voormalige munisipale gebied het sowat 14 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 52 km². Die stad Woudrichem (met die plek Oudendijk) het sowat 4 500 inwoners (2011).

Woudrichem
Voormalige munisipaliteit
Woudrichem
Woudrichem
Vlag van Woudrichem
Vlag
Wapen van Woudrichem
Wapen
Ligging van die voormalige Woudrichem-munisipaliteit in Noord-Brabant
Ligging van die voormalige Woudrichem-munisipaliteit in Noord-Brabant
Koördinate: 51°49′00″N 5°00′00″O
LandVlag van Nederland Nederland
Provinsie Noord-Brabant
MunisipaliteitAltena
Oppervlak
  Totaal51,65 km2 (19,94 vk. myl)
  Land49,40 km2 (19,07 vk. myl)
  Water2,25 km2 (0,87 vk. myl)
Bevolking
  Totaal14 391
  Digtheid291/km2 (750/vk. myl)
Poskode
4280-4288
Skakelkodes0183
Webwerfwww.woudrichem.nl

Die voormalige munisipaliteit lê in die noordooste van die streek van die Land van Heusden en Altena. Verder lê die voormalige munisipaliteit suid van die Boven-Merwede-rivier (die stad Gorinchem lê aan die noordoewer) en wes van die Afgedamde Maas-rivier (die bekende Slot Loevestein lê aan die regteroewer).

Woudrichem het in 1356 stadsregte gekry.

Op 1 Januarie 2019 is Woudrichem opgegaan in die nuwe munisipaliteit Altena.

Plekke

Plekke in die voormalige munisipale gebied van Woudrichem:
Almkerk, Andel, Bronkhorst, Duizend Morgen, Eng, Giessen, Oudendijk, Rijswijk, Stenenheul, Uitwijk, Uppel, Waardhuizen, Woudrichem (stad) en Zandwijk.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.