Wordium

Die Wordium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Perm (epog/serie Guadalupium). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Periode/
sisteem
Epog/
serie
Tydsnede/
etage
M. jaar
gelede
Trias Vroeg Indusium jonger
Perm Lopingium Changhsingium 252,2–254,1
Wuchiapingium 254,1–259,8
Guadalupium Capitanium 259,8–265,1
Wordium 265,1–268,8
Roadium 268,8–272,3
Sisuralium Kungurium 272,3–283,5
Artinskium 283,5–290,1
Sakmarium 290,1–295,0
Asselium 295,0–298,9
Karboon Pennsylvanium Gzhelium ouer
Die verdeling van die Perm (IKS).

Die etage/tydsnede was van sowat 268,8 tot 265,1 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Roadium en gevolg deur die Capitanium.

Naam en definisie

Die tipeligging van die Wordium is in die Guadalupe-berge in Texas, VSA. Die basis word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Conodonta Jinogondolella aserrata en die bokant deur die eerste voorkoms van die Conodonta Jinogondolella postserrata.

Verwysings

  1. Gradstein et al. (2012)

Bronne

  • (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.