Woodstockdam
Die Woodstockdam is geleë in die Tugelarivier in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dam is in 1983 voltooi met 'n wal wat 54 m hoog is en 'n bakmaat van 373 260 000 m³. Die dam is deel van die Tugela-Vaal-waterprojek.
Woodstockdam | |
---|---|
Die Kilburndam in die voorgrond en die Woodstockdam in die agtergrond | |
Amptelike naam | Woodstockdam |
Ligging | KwaZulu-Natal |
Provinsie/Land | Suid-Afrika |
Koördinate | 28°45′36″S 29°14′45″O |
Dam in | Tugelarivier |
Doel | Opgaardam |
Openingsdatum | 1983 |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Grondvulling |
Hoogte van wal | 54 m |
Lengte van wal | 865 m |
Bakmaat | 373 260 000 m³ |
Opvanggebied | 1 171 km² |
Damoppervlak | 2 916 ha |
Die dam is die laagste liggende van die 3 damme in die tweede fase, en is ongeveer 5 km stroom op van die opgaarkom by Drielpompstasie geleë en is nog nie heeltemal voltooi nie. Dit sal uiteindelik 'n grondwal van 49 m hoog met 'n kruinlengte van 865 m hê.
Die dam se opgaarvermoë sal die wateropbrengs van die Vaal-Tugelaprojek verhoog sodat dit aan die vereistes van die tweede fase sal voldoen. Vanweë die swaar vloede wat in die gebied voorkom, is 'n kisdam by die konstruksiewerk geïntegreer. Water van die Woodstockdam word na die Drielstudam afgelei en van daar na die hoofkanaal gevoer.
Bronne
- Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409680, volume 27, bl. 166
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4