Wonderboomlughawe
Die Wonderboomlughawe lê sowat 8 km noordoos van die stadsgebied van Pretoria, Suid-Afrika. Daar is tans 'n opknappingsproses aan die gang en die aanloopbaan word ook verleng - alhoewel die omgewingsimpakstudie wat in 2004 gedoen is, gewys het dat die geraasbesoedeling reeds hoog is. Die projek om die aanloopbaan te verleng is destyds afgekeur omdat die geraas van nog meer (en nog groter) vliegtuie die omgewing sou aftakel.
Wonderboomlughawe | |||
---|---|---|---|
Uitsig oor die lughawe | |||
IATA: PRY – ICAO: FAWB
PRY | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Siviel | ||
Eienaar | Stad van Pretoria | ||
Ligging | Pretoria, Suid-Afrika | ||
Hoogte bo seevlak | 1248 m / 4095 vt | ||
Koördinate | 25°39′13″S 28°13′27″O | ||
Webtuiste | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
06/24 | 1 280 | 4 200 | Teer |
11/29 | 1 828 | 6 000 | Teer |
Ongelukke en insidente
Op 24 Augustus 1998 het 'n Aero Modifications International DC-3-65TP (registrasienommer ZS-NKK) van "Speed Service Couriers" tydens opstyging neergestort. Die vliegtuig het instandhouding ondergaan en die hoogteroer is per abuis in die volle neus-op posisie gelaat. Die vlieënier het versuim om alle voorvlugprosedures uit te voer en het nie kennis geneem van die posisie van die hoogteroer nie. Een van die twee bemanningslede is dood. Die vliegtuig was op 'n posvlug onderweg na Durban Internasionale Lughawe.[1]
Verwysings
- "ZS-NKK Accident description" (in Engels). Aviation Safety Network. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2017. Besoek op 25 Junie 2010.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wonderboomlughawe.
- (en) Amptelike webwerf
- Verdere ontwikkeling van lughawe in vooruitsig Geargiveer 4 Maart 2016 op Wayback Machine (Julie 2006)
- 'n Padkaart en satellietfoto van die Wonderboom Lughawe