Wok
'n Wok (in Indonesiƫ wadjan of wadjang) is 'n ronde pan (wat amper soos 'n braaipan lyk) wat in baie Oosterse kombuise gebruik word.
![](../I/Wok_cooking.jpg.webp)
'n Wok.
Die Chinese wok is uit die Chinese kookkuns afkomstig en is 'n bolvormige pan (vergelykbaar met 'n gehalveerde bal) met 'n lang houtsteel. Die wadjan is afkomstig uit die Indonesiese en Indiese kookkuns en is ook 'n bolvormige pan, maar in plaas van die houtsteel word die wadjan met twee handvatsels (ook "ore" genoem) vervaardig.
Die wok is dunner en dieper as 'n braaipan en word ook as 'n roerbak gebruik. Gevolglik word roerbakke ook algemeen wokke genoem.
Sien ook
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.