Woestynsand (kleur)
Woestynsand is 'n helder taankleur wat ooreenstem met die kleur van 'n woestyn se sand. Dit kan ook beskou word as 'n diep skakering van beige.
#EDC9AF |
In 1998 het Crayola 'n krytkleur genaamd "woestynsand" begin maak.[1]
Die kleur regs stem ooreen met die ligste van die drie kleure in die 3-kleurige woestynkamoefleeruniform van die Verenigde State van Amerika Gewapende Magte,[2] wat sedert 1990 die 6-kleurige Desert Battle Dress uniform vervang het.
Kleurkoördinate
Volgens verskeie kleurskemas word woestynsand as volg voorgestel:
Model | Koördinate |
---|---|
Heksadesimale kode | #EDC9AF |
RGB-kleurmodel | (237, 201, 175) |
CMYK | (0, 15, 26, 7) |
HSV | (25°, 26%, 93%) |
Verwysings
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.