Wladimir Zjirinofski

Wladimir Wolfowitsj Zjirinofski (gebore Eidelsjtein; Russies: Владимир Вольфович Жириновский; ook Zjirik genoem; Alma-Ata, Kazachstanse SSR, Sowjetunie; 25 April 1946 - 6 April 2022) was ’n Russiese politikus, kolonel van die Russiese weermag en die stigter en leier van die regse populistiese LDPR. Dié party was slegs die tweede geregistreerde politieke party in Rusland en dus die eerste amptelike opposisieparty. Voor Zjirinofski in 1993 die politiek betree het, het hy by die groot uitgewer Mir gewerk.

Wladimir Zjirinofski
Владимир Жириновский
Wladimir Zjirinofski
Zjirinofski in 1999 op ’n byeenkoms in Rtisjtsjewo in Saratof-oblast.

Ondervoorsitter van die Staatsdoema
Ampstermyn
18 Januarie 2000  21 Desember 2011
President Wladimir Poetin
Dmitri Medwedef
Wladimir Poetin
Eerste minister Wladimir Poetin
Mikhail Kasyanof
Wiktor Khristenko (waarnemend)
Mikhail Fradkof
Wiktor Zubkof
Wladimir Poetin
Wiktor Zubkof (waarnemend)
Dmitri Medwedef

Leier van die LDPR
Ampsbekleër
Termynaanvang
14 Desember 1992
Voorafgegaan deur Party geskep

Persoonlike besonderhede
Gebore 25 April 1946
Alma-Ata, Kazachstanse SSR, Sowjetunie
Sterf 6 April 2022 (op 75)
Moskou, Rusland
Politieke party Liberaal-Demokratiese Party van Rusland
Eggenoot/-note Galina Lebedewa
Kind(ers) Igor Lebedef
Alma mater Moskouse Staatsuniversiteit
Religie Oosters-Ortodokse Kerk
Handtekening

Agtergrond

Nadat Rusland ’n demokrasie geword het, het hy en sy party dikwels die nuus gehaal. Hy het dikwels verregaande uitlatings gemaak. So wou hy die ou Sowjetrepublieke weer by sy Groot-Rusland voeg, kernwapens teen die land se vyande gebruik en kernafval in Duitsland en die Baltiese lande stort. Hy is ook bekend vir sy woede-uitbarstings. Hy het onder meer die nuus gehaal nadat hy ’n vroulike parlementslid aan haar hare getrek het en die hervormingsgesinde oudpremier Boris Nemtsof tydens ’n televisiedebat met appelsap gegooi het

Beeld oorsee

Die feit dat Zjirinofski van sy pa se kant van Joodse afkoms is, het hom nie gekeer om ’n paar antisemitiese opmerkings te maak nie. Ná omstrede uitlatings oor Kazachstan is hy in 2005 deur die Kazachse regering tot persona non grata verklaar. Ná omstrede uitlatinge oor die Oekraïne tydens die Russies-Oekraïense gaskonflik in 2006 is hy in dié jaar ook in die Oekraïne tot persona non grata verklaar, maar dit is in 2007 teruggetrek. Zjirinofski is ook al uit Bulgarye gesit en Duitsland het hom al toegang geweier.

In die Weste was hy beskou as ’n politieke meeloper van die regering en nie juis ernstig opgeneem nie. Hy was dikwels beskryf as 'n fascis[1][2][3] of nar.[4][5][6]

Beeld in Rusland

Wladimir Zjirinofski en Wladimir Poetin in 2000.

Ondanks sy manewales stem miljoene Russe met elke verkiesing vir hom. Hy het ’n reputasie opgebou as ’n luidrugtige populis wat namens die Russiese volk praat, selfs al sê hy baie goed wat mense nie wil hoor nie.

In 2000 en 2008 was hy ook ’n kandidaat en het hy sy volgelinge ’n polisiestaat beloof.[7] Sy vorige verkiesingsbeloftes was gratis wodka en onderklere.[8]

Afsterwe

Op 6 April 2022 het Wjatsjeslaf Wolodin, die speaker van die Doema, aangekondig dat Zjirinofski gesterf het na 'n lang siekte. Hy was 75.[9][10]

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse en Engelse Wikipedia-artikels.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.