Wladimir-oblast

Wladimir-oblast (Russies: Влади́мирская о́бласть, Wladimirskaja oblast) is ’n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Sentrale Federale Distrik en die hoofstad is Wladimir, sowat 190 km oos van Moskou. Volgens die Russiese sensus van 2010[1] is die inwonertal 1 443 693.

Wladimir-oblast
Владимирская область
Die ligging van Wladimir-oblast in Rusland.
Die ligging van Wladimir-oblast in Rusland.
Politieke status
Land Russiese Federasie
Federale distrikSentrale
Ekonomiese streekSentrale
Regering
HoofstadWladimir
LeierSwetlana Orlowa
AmpGoewerneur
WetgewerOblast-doema
Bevolking
Sensus2010
Totaal1 443 693
Volgorde31ste
Digtheid49,78/km2
Stedelik77,6%
Plattelands22,4%
Statistiek
Oppervlakte29 000 km2
Volgorde66ste
TydsoneUTC+04:00
Registrasienommer33
Amptelike taleRussies
Webtuistehttp://www.avo.ru
Wapen en vlag

Portaal  Portaalicoon   Rusland

Unesco se lys Wêrelderfenisgebiede sluit die 12de-eeuse katedrale van Wladimir, Soezdal, Bogoljoebowo en Kideksja in.

Geskiedenis

Die gebied van die hedendaagse oblast word sedert antieke tye bewoon. Die oudste bewyse van menslike bewoners dateer uit die Laat Paleolitikum. ’n Nedersetting van Homo sapiens uit omstreeks 25000 v.C. is in die omgewing van Soengir ontdek. Verskillende volke het die streek deur die eeue bewoon, onder andere Slawiërs, Tatare, Fins-Oegriërs en Balte.

Die Slawiese kolonisasie van die omgewing van Moerom en Soezdal het in die 10de eeu begin. Die hedendaagse Wladimir-oblast het in die 11de eeu deel van die Prinsdom Rostof-Soezdal geword en in die 12de eeu deel van die prinsdom Wladimir-Soezdal. In die middel 12de eeu, tydens die bewind van Joeri Dolgoroeki en Andrei Bogoljoebski, het Wladimir vinnig ontwikkel. Nuwe nedersettings het ontwikkel, onder meer Kideksja en Bogoljoebowo, waarvan historiese monumente steeds te sien is.

Die oblast was in die Sowjettyd eers deel van die Iwanowo-oblast totdat dit in 1944 ’n aparte oblast geword het.

Geografie

Wladimir-oblast grens aan Moskou-, Jaroslawl-, Iwanowo-, Rjazan- en Nizjni Nowgorod-oblast. Dit is in die middel van die Oos-Europse Vlakte geleë. Die Kljazma en Oka is die belangrikste riviere. Daar is ook sowat 300 mere en gemengde woude.

Daar is tans meer as 50 soogdierspesies in die oblast, onder meer elande, wildevarke, reebokke, edelherte en sikaherte, asook rooikatte, wolwe, eekhorings, jakkalse en veel meer. Die Russiese watermol, ’n halfwaterdier, word as bedreig beskou.

Daar is ook sowat 216 spesies voëls, onder meer auerhoenders, korhoenders, patryse, houtsnippe, ganse, eende, ensovoorts.

Sowat 40 spesies vise kom in die streek se water voor. Dit sluit in palings, karpers, snoek, baarse, brasems en steure in die Kljazmarivier.

Die omvang van die oblast se oppervlakwater is 32,9 hektaar. Daar is honderde riviere met ’n totale lengte van meer as 8,6 miljoen kilometer. Die Kljazma vloei in die Oka in die suidoostelike hoek van die oblast, wat aan Nizjni Nowgorod-oblast grens. Dit het verskeie sytakke, soos die Sjerna, Kirzjatsj, Peksja, Koloksja, Nerl, Soedogda, Oewod en Loech. Sytakke van die Oka in Wladimir sluit in die Goes, Oenzja en Oesjna. Die Doebna, ’n sytak van die Wolga, se oorsprong is naby die dorp Aleksandrof. Die Oka is dwarsdeur die streek vaarbaar (157 km). Verder is daar sowat 300 meestal vlak mere.

Demografie

In 2010 het die oblast 1 443 693 inwoners gehad.[1] Daarvan was 95,6% Russe, 0,9% Oekraïners, 0,5% Tatare, 0,5% Armeniërs en 0,3% Belarusse.

Verwysings

Skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.