Witrand-klipkabeljou

Die witrand-klipkabeljou (Epinephelus albomarginatus) is 'n vis wat endemies is aan Suid-Afrika en van die suide van Mosambiek tot Oos-Londen voorkom. In Engels staan die vis bekend as white-edged rockcod.

Witrand-klipkabeljou
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Epinephelus
Spesie:
E. albomarginatus
Binomiale naam
Epinephelus albomarginatus
Boulenger, 1903

Voorkoms

Die vis se kop, lyf en dorsale vin het bruin kolletjies op. Die pektorale- en bekkenvinne is geel en die anale en stervinne het 'n wit rand op. Die vis word tot 82 cm lank en 13 kg swaar.

Habitat

Die witrand-klipkabeljou leef in koraalriwwe en rotsagtige bodems in water wat 10–120 m diep is. Hulle eet ongewerweldes wat op die bodem leef, vis en tjokka. Die visse is hermafrodiete. Die wyfies skiet kuit van Oktober tot Februarie in die noorde van KwaZulu-Natal. Dit is 'n gewilde eetvis en word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.