Witpenskorhaan
Die witpenskorhaan (Eupodotis senegalensis) is 'n skaars standvoël wat voorkom in die Oos-Kaap, noordoos Vrystaat en Gauteng. Die voël leef in oop grasvelde en yl beboste savanne en verkies hoër gras soos die meeste korhane. Die voël is 52 – 60 cm groot en weeg 1.2 – 1.6 kilogram. In Engels staan die voël bekend as die White-bellied Korhaan of White-bellied Bustard.
Witpenskorhaan | |
---|---|
E. s. canicollis, mannetjie in Kenia. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | E. senegalensis |
Binomiale naam | |
Eupodotis senegalensis (Vieillot, 1820) | |
Sinonieme | |
Eupodotis barrowii |
Subspesies
Vyf subspesies word erken:[2]
- E. s. senegalensis (Vieillot, 1820)
- E. s. canicollis (Reichenow, 1881)
- E. s. erlangeri (Reichenow, 1905)
- E. s. mackenziei (C.M.N. White, 1945)
- E. s. barrowii (J.E. Gray, 1829)
Sien ook
Wikimedia Commons bevat media in verband met Eupodotis senegalensis. |
Bron
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1
Verwysings
- BirdLife International (2012). "Eupodotis senegalensis". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - White-bellied Bustard Geargiveer 13 Mei 2013 op Wayback Machine, Internet Bird Collection
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.