Witmelkhout
Die Witmelkhout (Sideroxylon inerme) is 'n struik of 'n boom wat in Suid-Afrika voorkom in 'n strook langs die kus vanaf die Kaapse Skiereiland tot by Mosambiek en is inheems in die Wes-Kaap, die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga.[1] Buite Suid-Afrika is die boom inheems in Aldabra, Comore-eilande, Eswatini, Kenia, Mosambiek en eilande, Somalië, Tanzanië en Zimbabwe.
Witmelkhout | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Ericales |
Familie: | Sapotaceae |
Genus: | Sideroxylon |
Spesie: | S. inerme |
Binomiale naam | |
Sideroxylon inerme L., (1753) | |
Sinonieme | |
|
Die bome is blaarryk en groei meestal naby die see. Die vrugte is vlesig, persswart en sowat 1.2 cm in deursnee. Hulle is eetbaar maar nie almal is smaaklik nie. Die bome leef lank. Bekende Witmelkhoutbome is die "Poskantoorboom" in Mosselbaai, die "Fingo" boom in Peddie en die "Verdragsboom" in Woodstock.
Die spesie het drie subspesies:
- Sideroxylon inerme subsp. cryptophlebium (Baker) J.H.Hemsl.
- Sideroxylon inerme subsp. diospyroides (Baker) J.H.Hemsl.
- Sideroxylon inerme subsp. inerme
Galery
- Blare
- Vrugte
Sien ook
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Sideroxylon inerme. |
Bronne
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
Verwysings
- Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 187. ISBN 978-1-77007-759-1.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.