Witlyfvlermuis
Die Witlyfvlermuis (Taphozous mauritianus) kom in die kusgebiede van Suid-Afrika, die Krugerwildtuin, Mosambiek, Zimbabwe tot by die Okavango Delta voor en is 'n insekvretende vlermuis.
Witlyfvlermuis | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Emballonuridae |
Genus: | Taphozous |
Spesie: | T. mauritianus |
Binomiale naam | |
Taphozous mauritianus É. Geoffroy, 1818 | |
![]() |
Voorkoms
Die vlermuis is grys met fyn spikkels en die onderkant is wit. Die wit gaan oor op die vlerk en die stertmembraan. Die soogdier word tot 11 cm lank en weeg ±28g.
Habitat en gewoontes
Hulle hou in pare en rus bedags teen vertikale boomstamme of rotswande. Hulle verkies oop boomveld en eet insekte. Een kleintjie word in die somer gebore.
Sien ook
Bron
- Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009. ISBN 978-1-875093-46-5
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.