Witkruiswindswael
Die witkruiswindswael (Apus caffer) is een van die kleiner windswaels. Die voëls behoort aan die genus Apus wat onder die familie van windswaelagtiges (Apodidae) ressorteer. In Engels staan dit bekend as die white-rumped swift.
Witkruiswindswael | |
---|---|
In vlug oor die Suikerbosrand, Gauteng | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. caffer |
Binomiale naam | |
Apus caffer (Lichtenstein, 1823) | |
Verspreiding
Hulle kom algemeen in Afrika suid van die Sahara voor, maar het ook na Marokko en die suide van Spanje uitgebrei.
Gewoontes
Die voël is 'n somerbesoeker aan Suid-Afrika en verkies oop wêreld, dikwels naby water en is gereeld in dorpe en stede. Hulle broei en slaap gewoonlik in die neste van swaeltjies of kleinwindswaels.
Voorkoms
Die voël is 14–16 cm groot en weeg 18 tot 20 gram. Die voël is swart met 'n prominente wit keel, redelike lang, diep mikstert en kenmerkende smal wit U op die kruis. Die stert word dikwels toe gehou en lyk dan skerppuntig.
Galery
- Broeipaar by hul nes in die Krugerwildtuin
Sien ook
Bronnelys
- Newman se Voëls van Suider-Afrika; ISBN 1-86872-982-6.
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1