Witim
Die Witim (Russies en Boerjaties: Витим, Vitim; Ewenkies: Витым, Witym; Jakoeties: Виитим, Viitim) is ná die Wiljoei en die Aldan die derde grootste sytak van die Lena in Siberië. Dié rivier, met 'n lengte van 1 978 km (1 229 myl), ontstaan deur die saamvloei van Witimkan en Tsjinain in die Witim-plato, Boerjatië, oos van die Baikalmeer. Aansluitend vloei dié rivier eers in 'n suidelike en later in 'n noordoostelike rigting. Die Witim bereik die Zabaikalski-krai en vloei in 'n noordelike rigting tot Bodaibo in die Irkoetsk-oblast. Dié rivier vloei nog deur Mama en mond by Witim, Jakoetië, in die Lena se boloop uit.[1]
Witim | |
---|---|
![]() Die Witim by Bamboejki | |
![]() Die stroomgebied van die Witim | |
Oorsprong | Saamvloei van Witimkan en Tsjina, Witim-plato, Boerjatië, Rusland |
Monding | by Witim, Jakoetië, Rusland Lena |
Stroomgebied | Rusland |
Lengte | 1 978 km (1 229 myl) |
Oorspronghoogte | 1 171 m (3 842 voet) |
Mondinghoogte | 176 m (577 voet) |
Gemiddelde afloop | 1 520 m³/s (53 678 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 227 000 km² (87 650 myl²) |
![]() Kaart van die Witim-bekken in Asië |
Verwysings
- "Vitim River" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2020. Besoek op 18 Augustus 2017.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Witim.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.