Witborskraai
Die witborskraai is 'n algemene, wydverspreide standvoël. Dit is 'n vrypostige voël wat gewoonlik in bewoonde gebiede voorkom waar hulle stukkies weggooikos soek.
Witborskraai | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Aves |
Orde: | Passeriformes |
Familie: | Corvidae |
Genus: | Corvus |
Spesie: | C. albus |
Binomiale naam | |
Corvus albus Statius Muller, 1776 | |
verspreiding |
Identifikasie
Die voël word aan sy wit bors en kraag uitgeken, en word 46–52 cm groot.
Habitat
Hulle word veral by vullishope, speelterreine, langs hoofpaaie en by landerye gesien. Boer meestal in los swerms en oornag dikwels in groot getalle saam.
Verspreiding
Namibië, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek en die hele Suid-Afrika, met uitsondering van die Kalahari en die noordelike dele van die Vrystaat.
Geluid
Uiter 'n harde "kwaak".
Ander name
- Engels: "Pied crow"
- Wetenskaplike naam: Corvus albus
Sien ook
Bronnelys
- Newman se Voëls van Suider-Afrika; ISBN 1868729826.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.