Winston Mankunku Ngozi
Winston Monwabisi Mankunku Ngozi (* 1943, † 13 Oktober 2009) was 'n bekende Suid-Afrikaanse tenoorsaxofoonspeler.[1]
Winston Mankunku Ngozi | |
---|---|
Geboortenaam | Winston Monwabisi Mankunku Ngozi |
Gebore | 1943 Retreat, Kaapstad, Suid-Afrika |
Sterf | 13 Oktober 2009 (65–66 jaar oud) |
Instrumente | Tenoorsaxofoon |
Etikette | Sheer Sound, Nkomo Records |
Vroeë lewe
Ngozi is in 1943 in Retreat in die Wes-Kaap in 'n musikale familie gebore. Op die ouderdom van sewe het hy klavier begin speel, en later het hy ook klarinet en trompet leer speel. Hy het in sy middeltienerjare geleer om die alt- en tenoorsaksofone te speel. Hy het John Coltrane, plaaslike saksofonis Cups & Saucers, pianis Merton Barrow en baskitaarspeler Midge Pike as groot invloede tydens hierdie tydperk in sy lewe gemeld.[1]
Loopbaan
Ngozi het in Kaapstad gewoon tydens apartheid, wat tot gevolg gehad het dat hy onderworpe was aan apartheidswetgewing soos die Groepsgebiedewet en die Wet op Afsonderlike Geriewe. In die vroeë 1960's is Ngozi — nes één uit elke drie Suid-Afrikaners — deur die rassistiese regering na Gugulethu verskuif.
Ngozi het in 1964 saam met 'n wit musiekgroep in die Groenpunt Kunssentrum en onder die pseudoniem Winston Mann opgetree waar hy gedwing is om agter 'n gordyn te speel om uit sig te bly, aangesien 'n veelrassige musiekgroep onwettig was.[1][2]
Ngozi het in 1968 Yakhal' Inkomo saam met Early Mabuza, Agrippa Magwaza, Lionel Pillay en Abdullah Ibrahim opgeneem, waarvoor hy die Castle Lager-prys "Jazz Musician of the Year" vir 1968 gewen het.
Dood
Ngozi het ná 'n lang stryd met siekte op 13 Oktober 2009 gesterf.[3]
Diskografie
Ateljeealbums
- Yakhal' Inkomo (1968)
- Jika (1987)
- Dudula (1996)
- Molo Africa (1998)
- Abantwana be Afrika (2003)
Versamelalbums
- The Best Of (2008)