Winston-Salem

Winston-Salem is 'n stad in die Amerikaanse deelstaat Noord-Carolina met ongeveer 234 349 inwoners. Dit is naby Greensboro in Noord-Carolina geleë. Die stad word Winston-Salem genoem, want dit het aanvanklik uit twee dorpe bestaan: Winston en Salem, wat later saamgesmelt het.

Winston-Salem
Stad
Die middestad van Winston-Salem. Die hoë wolkekrabber is in North Main-straat no. 100, en is 'n landmerk in die stad.
Die middestad van Winston-Salem. Die hoë wolkekrabber is in North Main-straat no. 100, en is 'n landmerk in die stad.
Winston-Salem is in die Verenigde State
Winston-Salem
Winston-Salem
Koördinate: 36°06′9″N 80°15′37″W
LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Deelstaat Noord-Carolina
CountyForsyth
Stigting1766 (Salem), 1849 (Winston)
Geïnkorporeer op1913 (Winston-Salem)
Regering
  BurgemeesterAllen Joines (D)
Oppervlak
  Stad343 km2 (132,4 vk. myl)
  Land336 km2 (129,6 vk. myl)
  Water7 km2 (2,8 vk. myl)
Hoogte
300 m (970,95,77 ft)
Bevolking
  Stad234 349
  Digtheid559/km2 (1 400,7/vk. myl)
  Metro
647 697
Skakelkodes336
Webwerfcityofws.org

Winston-Salem is in sentraal Noord-Carolina geleë. Die Interstate 40-hoofweg loop deur die stad. Die stad het 'n gematigde klimaat met warm somers en koel winters. Dit kry ongeveer 1130,8 mm reën per jaar en dit sneeu ook soms daar.

Die Ou Salem is 'n historiese deel van Winston-Salem. Besoekers kan hier leer hoe mense rondom 1800 gelewe het.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.