Winnipegmeer
Die Winnipegmeer (Engels: Lake Winnipeg, Frans: Lac Winnipeg) is die 15de grootste meer ter wêreld, die sewende grootste meer in Noord-Amerika en die derde grootste meer in Kanada, buite die Groot Mere, ná die Groot Beremeer en die Groot Slawemeer. Dit is in die provinsie Alberta in die suide van Kanada, noord van die grens met die Verenigde State geleë en het 'n oppervlakte van 24 514 km².
Winnipegmeer | |
---|---|
Satellietbeeld van die Winnipegmeer | |
Kaart van die Winnipegmeer | |
Koördinate: | 52°7′N 97°15′W |
Ligging: | Manitoba, Kanada |
Soort: | Binnemeer |
Oppervlakte: | 24 514 km² (9 465 myl²) |
Gemiddelde diepte: | 12 meter (39 voet) |
Maksimum diepte: | 36 meter (118 voet) |
Volume: | 284 km³ (68 myl³)[1] |
Lengte: | 416 km (258 myl) |
Breedte: | 100 km (60 myl) N-bekken 40 km (20 myl) S-bekken |
Opvangsgebied: | 982 200 km² (379 500 myl²) |
Omtrek: | 3 057 km (1 900 myl) |
Invloei: | Winnipegrivier, Saskatchewanrivier, Rooirivier van die Noorde |
Uitvloei: | Nelsonrivier |
Nedersettings: | Gimli, Manitoba |
Die meer is na Winnipeg, die hoofstad van Manitoba, genoem en word deur die Nelsonrivier met die Hudsonbaai in die noordooste verbind. Die belangrikste rivier, wat in die meer uitmond, is die Saskatchewanrivier. Die Winnipegmeer is net 55 km noord van Winnipeg geleë en maak deel uit van 'n groot gebied met baie mere.
Verwysings
- (en) "Lake Winnipeg Quick Facts". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 September 2018. Besoek op 14 Julie 2014.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Winnipegmeer.
- (en) "Lake Winnipeg". Encyclopædia Britannica. Besoek op 7 Augustus 2020.
- (en) "Lake Winnipeg". The Canadian Encyclopedia. Besoek op 7 Augustus 2020.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.