Winnecke 4

Winnecke 4 (ook bekend as onder meer Messier 40) is ’n dubbelster in die sterrebeeld Groot Beer. Dit is in 1764 deur Charles Messier ontdek terwyl hy ’n newel gesoek het wat glo in die gebied deur Johann Hevelius opgemerk is. Hy het geen newel gesien nie, net die dubbelster, en het dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. Dit is in 1863 herontdek deur Friedrich Winnecke. Robert Burnham jr. het M40 as "een van die min werklike foute in die Messier-katalogus" beskryf omdat die voorwerp nie ’n newel is nie en Messier daaroor gekritiseer.[1]

Winnecke 4
Die dubbelster Winnecke 4.
Die dubbelster Winnecke 4.
SterrebeeldGroot Beer
SpektraaltipeK0 III / G0 V
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming12h 22m 12,5s
Deklinasie+58º 04' 59"
Skynmagnitude (m)9,65 / 10,10
Besonderhede
Afstand (ligjaar)510
Eienskappe
VeelvoudigheidDubbelster
Ander name
M40, BD+56 1372, HD 238107 + HD 238108,SAO 28353 + SAO 28355, CCDM 12223+5805
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

In 1991 is die afstand tussen die twee sterre gemeet as 51".7, ’n toename sedert Messier se tyd. Data wat ingesamel is deur die sterrekundiges Brian Skiff (2001) en Richard L. Nugent (2002) dui daarop dat dit dalk slegs ’n optiese dubbelster is, eerder as twee sterre wat met mekaar verband hou.[2]

Verwysings

  1. Burnham's Celestial Handbook, "Ursa Major: M40", p. 1982
  2. http://messier.obspm.fr

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.