Windveer
'n Windveer (Eng.: bargeboard) in boukunde is die vertikale plank of bord wat die oorstekende dakrand van 'n gewel afrond. Dit dien as beskerming vir die dakstruktuur daaragter, en soms ook as versiering. Dekoratiewe windvere, geskulp of gekartel, was gebruiklik in middeleeuse Europa.
![](../I/Chambers_1908_Bargeboard.png.webp)
'n Windveer, 1908 illustrasie
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.