Wimpy
Wimpy is 'n restaurantgroep wat hoofsaaklik kitskos soos hamburgers, slaptjips en melkskommels verkoop.
WIMPY | |
![]() | |
Tipe | Volbesit |
---|---|
Gestig | Coventrystraat, Londen in 1954 |
Hoofkantoor | |
Sleutelpersone | Eddie Gold (VSA) J. Lyons and Co (VK) |
Gebied bedien | 1000+ restaurante in meer as 23 lande |
Industrie | Konsessie-ondernemings |
Produkte | Kitskos |
Moedermaatskappy | Famous Brands Limited |
Slagspreuk | There's a Wimpy moment in every day. Enjoy every moment. |
Webwerf | Wimpy Suid-Afrika |
![](../I/Wimpy_TJB.jpg.webp)
Geskiedenis
Die Wimpy-handelsmerk is in die 1950's geskep in die Verenigde Koninkryk. Die naam is geïnspireer deur die J. Wellington Wimpy-karakter wat deur Elzie Crisler Segar geskep is en in die Popeye-tekenfilms verskyn het.
Wimpy se eerste restaurant in Suid-Afrika het in 1967 in Durban oopgemaak.
Op 27 Februarie 2007 het Famous Brands (wat die Wimpy-konsessieonderneming in Suid-Afrika besit) aangekondig dat hulle Wimpy VK gekoop het.
Internasionale takke
Wimpy het takke in die volgende lande:
Bangladesj,
Botswana,
Ciprus,
Egipte,
Ierland,
Indië,
Kenia,
Kolombië,
Koeweit,
Namibië,
Nieu-Seeland,
Nepal,
Libanon,
Saoedi-Arabië,
Suid-Afrika,
Verenigde Koninkryk en
Zambië.
![](../I/Wimpy_kuwait.jpg.webp)