Wimbledon-kampioenskap
Die Wimbledon-kampioenskap (algemeen bekend as slegs Wimbledon), is die oudste belangrike kampioenskap in tennis en word oor die algemeen beskou as die mees prestigerykste.[1]
Die toernooi word jaarliks gehou tussen einde Junie tot begin Julie en eindig gewoonlik op die tweede Sondag van Julie. Dit vind plaas by die All England Lawn Tennis and Croquet Club in Londen, Engeland en is die derde "Grand Slam"-toernooi van die jaar: die Australiese Ope en die Franse Ope is die eerste twee, met die Amerikaanse Ope die vierde. Die toernooi word soms verleng as gevolg van reën en is ook die enigste "Grand Slam"-toernooi wat op 'n grasoppervlak gespeel word. (Sommige ander toernooie vind ook wel op 'n grasbaan plaas.)
Aparte toernooie word tegelykertyd gehou, almal by dieselfde plek, vir die Mans-enkelspel, die Dames-enkelspel, Mans-dubbelspel, Dames-dubbelspel en Gemengde dubbelspel. Daar word ook 'n Jeugtoernooi gehou: Seuns-enkelspel, Meisies-enkelspel, Seuns-dubbelspel en Meisies-dubbelspel.
Geskiedenis
Die eerste Wimbledon (amateur) tenniskampioenskappe is in 1877 gehou. In 1884 word die toernooi vir damesenkels- en mansdubbelsspelers oopgestel.
Wimbledon ontwikkel eers later tot 'n volwaardige internasionale toernooi. In 1922 is 'n nuwe tenniskompleks vir 14 000 toeskouers te Churchstraat gebou, wat die groei en populariteit van die toernooi geweldig bevorder het.
Rekords en statistieke
Rekord | Era | Speler(s) | Baan | Jare gewen |
---|---|---|---|---|
Mans sedert 1877 | ||||
Wenner van die meeste enkeltitels | Voor 1968: | William Renshaw | 7 | 1881-86, 1889 |
Na 1968: | Pete Sampras | 7 | 1993-95, 1997-2000 | |
Wenner van die meeste agtereenvolgende enkeltitels | Voor 1968: | William Renshaw | 6 | 1881-86 |
Na 1968: | Björn Borg | 5 | 1976-80
2003-07 | |
Dames sedert 1884 | ||||
Wenner van die meeste enkeltitels | Voor 1968: | Helen Wills | 8 | 1927-30, 1932-33, 1935, 1938 |
Na 1968: | / Martina Navrátilová | 9 | 1978-79,1982-1987, 1990 | |
Wenner van die meeste agtereenvolgende enkeltitels | Voor 1968: | Suzanne Lenglen | 5 | 1919-1923 |
Na 1968: | / Martina Navrátilová | 6 | 1982-1987 | |
Ander statistieke | ||||
Laagste gekeurde wenner (man of dame) | Goran Ivanišević | 125ste | ||
Laagste gekeurde wenner (dame) | Venus Williams | 31de (23de gekeur) | ||
Jongste wenner (man) | Boris Becker | 17 | 1985 | |
Jongste wenner (dame) | Martina Hingis | 16 | 1997 |
Verwysings
- Roland Garos: The Grand Slam Geargiveer 4 Julie 2007 op Wayback Machine (in Engels).
Eksterne skakels
Voorafgegaan deur Franse Ope |
Grand Slam Kampioenskappe Junie-Julie |
Opgevolg deur VSA Ope |