Wilmington, Delaware
Wilmington is 'n hawestad en die grootste stad in die deelstaat Delaware. Dit is die administratiewe setel van die New Castle County. Die stad is geleë waar die Brandywine- en Christinariviere in die Delawarerivier invloei, ongeveer 40km suidwes van Philadelphia. Die stad is in 1638 gestig deur Sweedse setlaars onder leiding van die Nederlander Peter Minuit. Dit het in 1739 munisipale status verkry en stadstatus in 1832.
Wilmington | |
---|---|
Kaart | Wapen |
![]() | |
![]() | |
Vlag | |
Land | ![]() |
Deelstaat | ![]() |
County | New Castle |
Koördinate | 39°45′N 75°33′W |
Stigting | Maart 1638 |
Inkorporasie | 1731 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 44 vk km |
Hoogte bo seevlak | 28 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2013) | 71 292 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 620/vk km |
Tydsone | OST (UTC -5) |
Somertyd | ODT (UTC -4) |
Burgemeester | Mike Purzycki (D) |
Amptelike Webwerf | ci.wilmington.de.us |
Geskiedenis
Nadat die Sweedse setlaars hulle hier gevestig het, het hulle Fort Christina gebou om die Nederlanders weg te hou maar in 1655 het die Nederlanders hulle nedersetting in elk ingeneem. In 1664 het die Nederlanders weer oorgegee aan die Britte en in 1777 het George Washington die dorp verower.
Bron
- Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 23, Bladsy 504.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.