Wilma van der Bijl

Wilma van der Bijl, 'n apteker van beroep, het die Mejuffrou Suid-Afrika-kompetisie in 1987 gewen. Sy is 'n perfeksionis en het 'n hoƫ standaard gedurende haar jaar as Mej. SA gehandhaaf.[1] Daarna het sy vir twee jaar in Duitsland gewoon, waar sy as internasionale model gewerk het. Sy het na Suid-Afrika terugkeer om haar aptekersinternskap te voltooi, en het daarna die Wilma van der Bijl-afrondingskool op die been gebring.[2] Borskanker is later by haar gediagnoseer, maar sy het dit met chemoterapie oorwin.[3] Sy is die beskermvrou van die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad.

Wilma van der Bijl
Gebore~ 1963
NasionaliteitSuid-Afrika
Bekend virMej. SA 1987
Kinders2

Wilma is getroud met 'n Griekse sakeman, Ari Tapanlis. Haar twee kinders se name is Alexia en Nikolaos. Deesdae is sy 'n besigheidsvrou en bedryf 'n vulstasie met 'n restaurant, asook ander familiebesighede in Kaapstad.

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.