Willowvale

Willowvale is 'n dorpie in die voormalige Transkeistreek van die Oos-Kaap, Suid-Afrika.

Vir die gelyknamige voorstad in Harare, sien Willowvale, Zimbabwe.
Willowvale
Willowvale is in Oos-Kaap
Willowvale
Willowvale
Koördinate: 32°16′0″S 28°31′0″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
DistriksmunisipaliteitAmathole
Plaaslike MunisipaliteitMbhashe
Bevolking
  Totaal2 522
  Digtheid210/km2 (500/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
5040
Skakelkodes047
Rasverdeling:Swartes: 97,7%
Ander: 2,3%

Geskiedenis

Die eerste blankes was reeds in 1839 hier teenwoordig toe die Beecham-Wood sendingstasie gestig is. Na die negende en laaste grensoorlog (1877-1878) het F.N. Streatfield 'n magistraatdistrik en militêre pos hier gevestig. Die pos het ontwikkel in 'n dorp. Die opperhoof Gcaleka het sy 'groot plek' by Nqadu naby Willowvale gehad. Die naam is afgelei van die wilgerbome wat langs 'n stroom naby die ou magistraat redensie gegroei het.

Distrik

Die distrik is 1 428 km2 groot. Dit word hoofsaaklik deur Gcaleka en Fingo's bewoon.

Sien ook

Bronne

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.