Willem IV, Prins van Oranje
Willem IV (Willem Karel Hendrik Friso; 1 September 1711 – 22 Oktober 1751) was van geboorte af Prins van Oranje en die eerste hereditêre stadhouer van al die Verenigde Provinsies van Nederland vanaf 1747 tot en met sy dood in 1751.[1] Tydens sy lewe was hy verdermeer heerser van die prinsipaliteit van Oranje-Nassau binne die Heilige Romeinse Ryk.
Willem IV | |
Voorafgegaan deur | Johan Willem Friso van Nassau-Dietz |
---|---|
Opgevolg deur | Willem V |
Prins van Oranje-Nassau | |
Voorafgegaan deur | Johan Willem Friso van Nassau-Dietz |
Opgevolg deur | Willem V |
Stadhouer van die Verenigde Provinsies | |
Voorafgegaan deur | Willem III |
Opgevolg deur | Willem V |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 1 September 1711 Leeuwarden, Nederlandse Republiek |
Sterf | 22 Oktober 1751 (op 40) Huis ten Bosch, Den Haag, Nederlandse Republiek |
Vroeë lewe
William is gebore in Leeuwarden, Nederland as die seun van Johan Willem Friso van Nassau-Dietz, hoof van die Friese tak van die Huis van Oranje-Nassau, en van sy vrou landgrafin Marie Louise van Hesse-Kassel (of Hesse-Cassel). Hy is ses weke na die dood van sy vader gebore.
Willem het sy vader opgevolg as stadhouer van Friesland, en ook, onder die regentskap van sy moeder tot 1731 as stadhouer van Groningen. In 1722 is hy verkies as stadhouer van Gelre. Die vier ander provinsies van die Nederlandse Republiek naamlik, Holland, Zeeland, Utrecht en Overijssel] het in 1702 besluit om geen stadhouer aan te stel na die dood van stadhouer Willem III nie, en sodoende die Republiek gestuur in 'n tydperk wat bekend sou staan as die Tweede stadhouerlose periode. In 1747 het die vier provinsies Willem ook as stadhouer aanvaar.
Huwelik en kinders
In 1720 is Willem aangewys as die 549ste ridder van die Orde van die Kousband. Op 25 Maart 1734 het hy in Sint Jakobus Paleis met Anne, koninklike prinses en prinses van Oranje, die oudste dogter van George II van Groot-Brittanje en Caroline van Ansbach, getrou. Willem en Anne het vyf kinders gehad:
- 'n doodgebore dogter (gebore op 19 Desember 1736)
- 'n doodgebore dogter (gebore op 22 Desember 1739)
- Prinses Carolina van Oranje-Nassau (28 Februarie 1743 – 6 Mei 1787), getroud met Karel Christiaan van Nassau-Weilburg
- Prinses Anna van Oranje-Nassau (15 November 1746 – 29 Desember 1746)
- Willem V, Prins van Oranje (8 Maart 1748 – 9 April 1806)
Latere lewe
In 1739 het Willem die boedels geërf wat voorheen deur die Nassau-Dillenburg-tak van sy familie besit is, en in 1743 het hy die erfenisse wat voorheen deur die Nassau-Siegen-tak van sy familie besit is geërf. In April 1747 het die Franse leër Vlaandere binnegekom en Nederland gedreig, wat verswak was deur die interne verdelings. Die Nederlanders het besluit dat hul land 'n enkele sterk uitvoerende gesag nodig het, en hulle gevolglik tot die Huis van Oranje gewend. Willem en sy gesin het van Leeuwarden na Den Haag verhuis. Op 4 Mei 1747 het die State-Generaal van Nederland Willem as Generaal Stadhouer van al sewe Verenigde Provinsies van Nederland benoem, en die titel die eerste keer oorerflik gemaak. Willem het hertog Louis Ernest van Brunswyk-Lüneburg in 1747 ontmoet, en hom twee jaar later aangestel as veldmaarskalk van die Nederlandse Staatsleër, wat later daartoe gelei het dat Louis Ernest as een van die regente vir Willem se erfgenaam, Willem V, gedien het. Willem IV is in die fleur van sy lewe beskou as 'n aantreklike, opgevoede en bekwame prins. Alhoewel hy min ervaring in staatsake gehad het, was Willem aanvanklik gewild onder die mense. Hy het ook die praktyk van indirekte belasting, waardeur onafhanklike kontrakteurs daarin geslaag het om groot bedrae vir hulself te verdien, stopgesit. Desondanks was hy ook 'n direkteur-generaal van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie. Hy het egter ook sy bondgenootskap met die sakeklas verdiep terwyl die verskil tussen die rykes en armes toegeneem het.
Willem het tot en met sy dood in 1751 in Den Haag as Algemene Stadhouer van die hele Nederland gedien.
Die county van Orange, Virginia, en die stad Orangeburg, Suid-Carolina, is na hom vernoem.
Verwysings
- Suzanna van Dijk; Jo Nesbitt (1 Januarie 2004). I Have Heard about You: Foreign Women's Writing Crossing the Dutch Border : from Sappho to Selma Lagerlöf. Uitgeverij Verloren. p. 168. ISBN 90-6550-752-3.
Willem IV, Prins van Oranje Cadet branch of the Huis van Nassau Gebore: 1 September 1711 Oorlede: 22 Oktober 1751 | ||
Bewindstitels | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur Johan Willem Friso van Nassau-Dietz |
Prins van Oranje 1711–1751 |
Vakant Pos die volgende bekleë deur Willem V |
Bewindstitels | ||
Voorafgegaan deur Johan Willem Friso van Nassau-Dietz |
Prins van Oranje-Nassau Baron van Breda 1711–1751 |
Opgevolg deur Willem V |
Voorafgegaan deur Francis Alexander, Prins van Nassau-Hadamar |
Prins van Nassau-Hadamar 1739–1751 | |
Voorafgegaan deur Christiaan, Prins van Nassau-Dillenburg |
Prins van Nassau-Dillenburg 1739–1751 | |
Voorafgegaan deur Frederick Willem II, Prins van Nassau-Siegen |
Prins van Nassau-Siegen 1743–1751 | |
Politieke poste | ||
Voorafgegaan deur Johan Willem Friso van Nassau-Dietz |
Stadhouer van Friesland en Groningen 1711–1747 |
Titels uitgedien saamsmelting van alle stadhouerskap |
Vakant Pos die laaste bekleë deur Willem III |
Stadhouer van Gelre 1722–1747 | |
Stadhouer van Holland, Zeeland, Utrecht, en Overijssel 1747 | ||
Nuwe titel | Algemene Stadhouer van die Verenigde Provinsies 1747–1751 |
Opgevolg deur Willem V |