Wilgerivier (Olifants)
Hierdie blad handel oor die Wilgerivier wat 'n sytak van die Olifantsrivier is. Vir ander riviere met dieselfde naam, sien Wilgerivier.
Wilgerivier | |
---|---|
Stroomgebied | Mpumalanga, Suid-Afrika |
Oorsprong | naby Leandra |
Sytak -links | Bronkhorstspruit |
Sytak -regs | Kendal, Kromdraai, Devon |
Monding | Olifantsrivier |
Monding-hoogte | 1 127 m |
![]() ![]() Wilgerivier |
|
Koördinate: 25°34′35″S 29°11′10″O |
Die Wilgerivier (Engels: Wilge River) is 'n sytak van die Olifantsrivier.
Roete
Die Wilgerivier se oorsprong is ongeveer 15 km wes-noordwes van Leandra, in die grasvelde op die hoëveld naby Springs in Gauteng.[1] Dit vloei algemeen noordwaarts en sy hooftak, die Bronkhorstspruit, sluit by sy linkerkant aan ongeveer 25 km stroomaf van die dorp Bronkhorstspruit. Dit vloei noordoos en sluit aan by die Olifantsrivier omtrent 12 km stroomop van Loskopdam.[2]
Ander sytakke
- Devonrivier
- Kendalrivier
- Kromdraaispruit
- Saalboomspruit
Eksterne skakel
- Google-kaart van die Wilgerivier se monding by Geonames.org (cc-by)
Bron
- South Africa Road Atlas. Mapstudio. ISBN 978 1 77026 154 9
Verwysings
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.