Wildetabak
Die Wildetabak (Nicotiana glauca) is 'n genaturaliseerde, klein boom wat oorspronklik vanaf Suid-Amerika kom en het 'n onkruid in groot dele van Suid-Afrika geword; behalwe die Kalahari. Dit is 'n slanke boom wat opvallend is langs waterlope, paaie en op ander versteurde plekke. Kenmerkend is die blougroen blare en trosse klein, buisvormige blomme.
Wildetabak | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Nicotiana |
Spesie: | N. glauca |
Binomiale naam | |
Nicotiana glauca Graham | |
Indringerplant
Dit is 'n kategorie 1b indringerplant dwarsoor Suid-Afrika, en is veral 'n probleem in bewaringsgebiede soos die Krugerwildtuin. Die plant is onsmaaklik en giftig vir huishoudelike en wilde diere.[1]
Fotogalery
Bron
- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
Verwysings
- "Wild tobacco (Nicotiana glauca)". Invasive Species South Africa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 27 Mei 2017.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wildetabak.
Wikispecies het meer inligting verwant aan Wildetabak
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.