Wildemispel
Die wildemispel (Vangueria infausta) is 'n boom wat aan die katjiepiering-familie, Rubiaceae behoort.[1] Dit is inheems aan die suidelike en oostelike Afrotropiese gebied en kom in Angola, Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Kameroen, Kenia, Malawi, Mosambiek, Kaprivistrook in Namibië, Rwanda, Soedan, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe voor. In Suid-Afrika kom die spesie in elke provinsie behalwe die Wes-Kaap voor.
Wildemispel | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Gentianales |
Familie: | Rubiaceae |
Genus: | Vangueria |
Spesie: | V. infausta |
Binomiale naam | |
Vangueria infausta Burch., (1824) | |
Sinonieme | |
|
Die vrugte word deur mense geëet en het 'n aangename appel-tipe smaak.
Die boom se FSA-nommer is 702.[2]
Subspesies
Die spesie het drie subspesies:
- Vangueria infausta var. campanulata (Robyns) Verdc.
- Vangueria infausta subsp. infausta
- Vangueria infausta subsp. rotundata (Robyns) Verdc.
Fotogalery
- 'n Wildemispel in Pretoria se Nasionale Botaniese Tuin
Verwysings
- Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 220. ISBN 978-1-77007-759-1.
- https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Bronne
- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- Plants of the World Online
- REDLIST Sanbi
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wildemispel.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Wildemispel
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.